Sunday, October 7, 2007

September

Hallo Almal,
Dit begin nou heerlike somers weer word, en oral bot bome. Die horlosies hier het ok nou 1 uur aangdraai vir “Daylight Saving” wat ons nou 11 ure voor SA plaas. Ons was maar bietjie sleg met die blog die afgelope tyd, maar met rede – ons was BESIG.
Ons het ‘n rukkie terug (31 Augustus om meer spesifiek te wees) die huis aangeval van buite af en al die afdakkie goed afgehaal, natuurlik kan mens dit nou nie oor doen nie en Stella was stellig daar om Ben en my te help rus.
Tussendeur is die biltong gemaak en die nuwe gietyster swart potjie met vet ingekook. (Die potjie het intussen nou al sy eerste ‘roasts’ opgelewer en werk HEERLIK! Nes my pa en ma s’n, - hy lyk net anders.)
Die naweek van 15 & 16 September, was ook heel produktief:
Ons het Vrydag begin om die lang wit paal in die middel van die tuin wat as die vorige eienares se 2de wasgoedlyn gedien het uit te haal, asook ‘n stuk sement in die middel van die grasperk (die was daar voor die vorige eienares ingetrek het en sy het dit net daar gelos – ‘n volle sewe-en-twintig jaar lank..)
Saterdag oggend het ons gou ‘n skip gehuur vir al ons gemors…
‘n ruk en pluk hammer gehuur om die beton paadjie uit te haal, en ook voorraad gaan koop om ‘n heining op te sit, tuin gemaak en gras oorgeplant en gesaai waar ons nie meer gehad het wat ons kon herplant nie .
Al die stukke van die beton paadjie en tuin gemors wat weke lank gelê en wag het (wat mens nie vir vuurmak hout kan gebruik nie) en die afdakkie goed is opgelaai en weg gevat.
Hier was ook n ou olie drom gewees (hulle het dit destyds vir die verwarmer (‘kaggel’) in die huis gebruik) wat ons nou in 2 gemaak het met n grinder. Ons het dit darem eers met water gevul om te kyk of daar nog olie oorblyfsels binne in is. Nou gaan ons n braaier maak van die een deel. (Foto). Die boonste deel het himself in die skip gevind.
Ons heg graag ‘n paar foto’s aan van die verskille – Laat weet maar of jullie die tien verskille kry :).
Die naweek van 22 & 23 September was daar weer tuin gemaak…. Al die Kannas van die voortuin is na agter geskuif, omdat hulle gaan seer kry as ons begin aanbou – hulle lyk goed en begin nou mooi uitloop. Ons het hulle al langs die sink heining geplant waar die druiwe rankers groei. Ons het ook 10 Dalia kleure/soorte se bolle by SA vriende gekry en hulle ook daar af geplant tussen die Kannas. As die voorste deel eers aangebou is sal van die blomme terug skuif na die voortuin toe wanneer ons die oordoen en laat beter lyk.
Die stadsraad bemark “home composting” wat behels om ‘n bak (so 40 x 60cm) te vul met ‘n bietjie gond en sowat 1000 erdwurms. In plaas van om huishoudelike afval (groente en vrugte skille en diesmeer) weg te gooi, word dit vir die erdwurms ‘gevoer’ wat dit dan bewerk in kompos. So het ons 2000 wurms aangeskaf en helfte in ‘n bak gesit vir die doel en die ander helfte in die groente bedding gesit.
Tot tyd en wyl die bedding vir die groentetuin gereed is, het ons al 'n paar pampoen-, loofha-, boontjie-, en brandrisie-plantjies in potjies, party het onlangs al begin uitloop...
Geen vaste planne vir die volgende maand nie. As alles goed verloop kry ons die permit om aan te bou teen Vrydag. Sodra ons die pemit het, sal ons terug trek na Brian & Dot toe, sodat hier gebou kan word. Net die voorste deel van die huis sal hierdie jaar ingepas kan word.
Ons hoop om gou van julle te hoor.
PS Aangesien die blog die foto's en paragrawe skommel en dit amper onleesbaar maak, het ons met die foto's ge-eksperimenteer. Ongelukkig het die kwalitiet belikbaar in die slag gebly.... ons sal verder eksperimenteer en hopelik dit volgende keer regkry.
Cheerio

4 comments:

Anonymous said...

Sjoe! Maar julle is omtrent bedrywig...

Unknown said...

Liewe Karen & Ben!
Praat van 'domesticated'? Sal almal wat daai neiging toon na die site verwys om te sien hoe dit gedoen word! Veral omdat julle dit geniet. Ek is trots op julle!
My tuin was vir die maand van Sept. prentjie-mooi. Al die rose het in massas geblom. Toe begin dit reën en nou na 120mm in 2 weke , is alles af. Dis ongelooflik vroeg vir hier. Nou kan hulle weer begin!
Albert & Elana trou 23 Febr. Groot opgewondenheid met al die reëlings.
Karen, baie geluk met die Tannie-skap!
Hoop julle permit vir die bouery kom gou. Dis lekker om te bou, veral as die klaar produk uitkom soos jy beplan het!
Lekker werk en bou!
Ek geniet julle blogg.
Anita

William L Smith & Ouma said...

Hallo daar,
Jissie maar julle is darem hardwerkende kinders. Ek dink julle gaan maklik die mooiste tuin in die buurt he. Kan jy no glo jule boer met erdwurms!!! en die dril en al die goeters. NZ weet nie wat hulle getref het nie. Geluk met die tannie-en oomskap. Ek hoor Dillon is nogals baie mooi! Boetie dink natuurlik dat dit 'n understatement is en dat sy nog baie mooier as wat woorde kan verduidelik. Ek is seker Dillon gaan baie liefde kry en groot bederf deur pa,ma, en die ouma veral.
Hier in die UK gaan dit heel goed en WIlliam raak al hou ouliker. Ek en Deon is nou uiteindelik Ware TRUE BRITS. Ons het ons amptelike seremonie laas Dinsdag gehad en kan nou begin om pensioen hier te kry wanneer die tyd reg is. Ons kan nie wag vir ons paspoort nie, want dan kan ons sommer gou-gou op 'n vliegtuig spring en die hele wereld gaan bekuier. Karla & Stephan doen dit volgende jaar en Rudolf en Elmari moet dan nog 'n jaar wag.
Die weer is heel goed vir Autumn en die bome begin nou daardie mooi oranje-rooi blare kry..... dit is regtig so 'n mooi tyd hier in UK.
Julle moet julself baie geniet en hoop die bouery kom uit presies soos julle dit gedroom het.
Mariana en die UK Clan

Albie said...

Mensig! Julle gaan nog binnekort begin fossiele opgrawe! Die plekkie lyk pragtig, en belowe om onder julle sorg die praghuis in die omgewing te word.

Noudat die All Blacks uit die wêreldbeker is kan julle maar Bokke skree sonder skaam.

Rudolf trou in Desember, die 18de dink ek. Sy verloofde is wonderlik, en ek glo hulle gaan nog 'n trotspaar wees, soos julle!

Mooi bly in julle huis-paleis.