Friday, November 30, 2007

Iets van Alles

Net omdat ons so besig was die afgelope tyd slaan ek maar gou gou die nuusbrief saam anders raak ons baie agter....
Terug na die geskiedenis van 20 Oktober:
Ja ja ons weet julle is nou al moeg van al die tuin maak nuus maar julle moet waardeer dat ons hard werk en later sal toer.
Soos gewoonlik het ons in die tuin gespeel, ons het 4 stompe gehad wat MOES UIT. So dit was weer n operasie vir krag masjiene. Met twee ketting sae val ons in... Die eerste stomp was maklik om uit te haal, twee harde klappe met die pik en hy is uit! Heel vrot. Natuurlik voel ons mos nou 'geinspireer' want kyk nou hoe maklik. Ons sal dalk die ander net 'n paar keer hoef te saag en siedaar. As alles maar net so maklik was... Ons het hom gesaag, gebyl, gepik, vol brandstof gegooi en gebrand (probeer). Dit het minder as niks aan hom gedoen nie. Die byl het ook sommer gebreek. Hy het ons gewen!!
Ons het wel die bome in die voortuin (Geel Kowhai {klink soos kouf-haai} gesaag asook die palmboom wat daar was.
Op die ou end het ons maar vir Mark ingekry (hy besit n besigheid waar hy stompe en bome uithaal) en hy het sommer in n japtrap alles uit. Ek neem aan hy gebruik iets soos 'n boor en haal stompe so uit.
Onder is prentjies van die stompe en ook die nuwe rooi Maple wat ons gekry het.
Die Maple staan tussen die twee bottel borsel bome wat volgende jaar moet uit (teen daai tyd het ons weer hout nodig vir die jaar daarna se houtkaggel...)
29 Oktober
Ons het Maandag 29 Oktober laat middag na my werk toe gegaan vir die voor-seisoen partytjie. Almal se familie en diesmeer kon gaan en saam braai en oorbly. So Ben was saam en het baie kiekies geneem. Alles was deur die werk gedek en die boot het Ben die Dinsdag weer terug geneem Picton toe sodat hy kon gaan werk. Hoofpyn en al!!!
3 November
Ons gras is so ontsettend hard dat dit voel asof jy op sement loop. Self die vurke wil nie dieper as 1cm in nie. So ons het alweer n PLAN: ( Ons het nogal baie planne ek weet) die keer is dit operasie 'airator' Ons het 'n ou leë verfblik by die asgat gekry en gate ingeboor, elke gat het 'n spyker van binne af ingekry en die drom is gevul met beton. Die airator loop egter bo-op die gras en as jy te veel druk op plaas lig dit die gras ewe netjies uit. Toe nie so 'n suksesvolle operasie nie. Maar dit lyk darem impressive.
10 November
Prentjies van die tuin en groentetuin tot dusver:
Die tuin op 29 November
en ons eerte Kanna blom is oop
O ja en ons bou permit is goedgekeur, so volgende jaar bou ons - wel seker meer soos - sit houte aanmekaar!!!
PS: Daar is van tyd tot tyd aardbewings op veral die Suid Eiland van Nieu Seeland... soos Vrydag nag (Vrydag middag 12:00 in RSA). Die aardbewings gebeur sowat 60km onder die grond en gewoonlik sowat 150km verder Suid van ons af. Ons voel dit partykeer, maar nie altyd nie. Mens voel dit glo glad nie in 'n bewegende voertuig nie, en ook nie sommer as jy buite rondloop nie. Dit is 'n bietjie excitement vir die dag as dit gebeur.... mens weet nie hoe erg dit gaan wees nie - moet jy buitento hol, of is binne beter?
"Hulle" verwag 'n vreeslike groot Tsunamie en / of aardbewing en moedig al wat leef en beef aan om 'n "Emergency Kit" bymekaar te kry wat jou vir 3 dae aan die lewe kan hou.... "Hulle" verwag dit nou al vir sowat 10 jaar....
Vir meer inligting, besoek gerus die webwerf: www.getthru.govt.nz
Groete
Ben & Karen

Sunday, October 7, 2007

September

Hallo Almal,
Dit begin nou heerlike somers weer word, en oral bot bome. Die horlosies hier het ok nou 1 uur aangdraai vir “Daylight Saving” wat ons nou 11 ure voor SA plaas. Ons was maar bietjie sleg met die blog die afgelope tyd, maar met rede – ons was BESIG.
Ons het ‘n rukkie terug (31 Augustus om meer spesifiek te wees) die huis aangeval van buite af en al die afdakkie goed afgehaal, natuurlik kan mens dit nou nie oor doen nie en Stella was stellig daar om Ben en my te help rus.
Tussendeur is die biltong gemaak en die nuwe gietyster swart potjie met vet ingekook. (Die potjie het intussen nou al sy eerste ‘roasts’ opgelewer en werk HEERLIK! Nes my pa en ma s’n, - hy lyk net anders.)
Die naweek van 15 & 16 September, was ook heel produktief:
Ons het Vrydag begin om die lang wit paal in die middel van die tuin wat as die vorige eienares se 2de wasgoedlyn gedien het uit te haal, asook ‘n stuk sement in die middel van die grasperk (die was daar voor die vorige eienares ingetrek het en sy het dit net daar gelos – ‘n volle sewe-en-twintig jaar lank..)
Saterdag oggend het ons gou ‘n skip gehuur vir al ons gemors…
‘n ruk en pluk hammer gehuur om die beton paadjie uit te haal, en ook voorraad gaan koop om ‘n heining op te sit, tuin gemaak en gras oorgeplant en gesaai waar ons nie meer gehad het wat ons kon herplant nie .
Al die stukke van die beton paadjie en tuin gemors wat weke lank gelê en wag het (wat mens nie vir vuurmak hout kan gebruik nie) en die afdakkie goed is opgelaai en weg gevat.
Hier was ook n ou olie drom gewees (hulle het dit destyds vir die verwarmer (‘kaggel’) in die huis gebruik) wat ons nou in 2 gemaak het met n grinder. Ons het dit darem eers met water gevul om te kyk of daar nog olie oorblyfsels binne in is. Nou gaan ons n braaier maak van die een deel. (Foto). Die boonste deel het himself in die skip gevind.
Ons heg graag ‘n paar foto’s aan van die verskille – Laat weet maar of jullie die tien verskille kry :).
Die naweek van 22 & 23 September was daar weer tuin gemaak…. Al die Kannas van die voortuin is na agter geskuif, omdat hulle gaan seer kry as ons begin aanbou – hulle lyk goed en begin nou mooi uitloop. Ons het hulle al langs die sink heining geplant waar die druiwe rankers groei. Ons het ook 10 Dalia kleure/soorte se bolle by SA vriende gekry en hulle ook daar af geplant tussen die Kannas. As die voorste deel eers aangebou is sal van die blomme terug skuif na die voortuin toe wanneer ons die oordoen en laat beter lyk.
Die stadsraad bemark “home composting” wat behels om ‘n bak (so 40 x 60cm) te vul met ‘n bietjie gond en sowat 1000 erdwurms. In plaas van om huishoudelike afval (groente en vrugte skille en diesmeer) weg te gooi, word dit vir die erdwurms ‘gevoer’ wat dit dan bewerk in kompos. So het ons 2000 wurms aangeskaf en helfte in ‘n bak gesit vir die doel en die ander helfte in die groente bedding gesit.
Tot tyd en wyl die bedding vir die groentetuin gereed is, het ons al 'n paar pampoen-, loofha-, boontjie-, en brandrisie-plantjies in potjies, party het onlangs al begin uitloop...
Geen vaste planne vir die volgende maand nie. As alles goed verloop kry ons die permit om aan te bou teen Vrydag. Sodra ons die pemit het, sal ons terug trek na Brian & Dot toe, sodat hier gebou kan word. Net die voorste deel van die huis sal hierdie jaar ingepas kan word.
Ons hoop om gou van julle te hoor.
PS Aangesien die blog die foto's en paragrawe skommel en dit amper onleesbaar maak, het ons met die foto's ge-eksperimenteer. Ongelukkig het die kwalitiet belikbaar in die slag gebly.... ons sal verder eksperimenteer en hopelik dit volgende keer regkry.
Cheerio

Thursday, August 16, 2007

Projek: Groente Tuin & Ski

Hallo!! Dit gaan rerig baie goed hier behalwe dat ons nie sou omgee as van julle ons so bietjie kom help met al die harde werk nie - ons sal natuurlik verversings verskaf. Ons mis julle almal natuurlik baie en wense julle almal kan kom kuier. Ons huis planne is uiteindelik by die stadsraad ingedien, en nou wag ons om 'n permit voor ons kan begin bou. Intussen het ons maar met die tuin begin. Met die vrugte bome wat nou geplant is het ons uiteindelik besluit waar die nuwe groente tuin moet wees. Ons het die naweek van 10 Augustus begin, deur die hele kontrepsie aanmekaar te sit en in beton fondasies te plant. Ons het SO hard gewerk dat ons tot die hammer gebreek het (wys jul net hoe ywerig en bo standaard werk ons). Karen het 'n paar spykers ingekap maar so gegiggel as sy dit begin mis slaan dat sy die hout 'n paar maar na mekaar op dieselle plek tref en dan nog meer lag daaroor... Verder was alles darem nie net werk nie - met ons seer lywe was ons darem Sondag saam met Leana, John, Delea en Riaan na Rainbow ski oord. Deur die week het ons die planke bo-op die randte vasgesit en die volgende naweek gaan perdemis optel op Tony se plaas in Seddon. Die Sondag het ons die takke wat ons afgesaag het ge-'shred'. Dit als is in die nuwe 'tuin' onder 3 kubieke meter grond. Die rede hoekom ons die groente bedding gelig het, is omdat die grond hier vreeslik hard en kleierig is. Die naweek na die groentetuin afgehandel was, het ons saam met Ben se werk gaan ski - weer Rainbow toe! Ons het feitlik die hele Saterdag lank geski waar ons met 'n 2 uur lange les begin het. Ongelukkig het ons nie self foto's hiervan nie (ons probeer om foto's van die ander mense wat saam was te kry, maar die neem 'n bietjie lank). Dit was absoluut heerlik en makliker as wat ons gedink het dit gaan wees. Karen is 'n 'natural' op skis en het nie een keer geval vandat sy geweet het wat om te doen nie!! Ben het darem net 3 keer geval, waarvan net een keer na die les was (die ander 2 keer was toe ons 'skooter' op een ski moes ry). Verlede naweek het ons biltong gemaak.... die resultaat is heerlik! en net betyds vir die rugby!!

Karen het 3 weke terug by haar nuwe werk by die Portage Oord begin, waar sy die troues-, konferensies- en funksie-bestuurder is. Sy geniet dit vreeslik. Die oord is in die Sounds geleë en sy het dus 'n fantastiese uitsig elke dag wat sy daar is - later kan sy van die huis af werk en sal sy slegs 1 maal per week moet ingaan om vergaderings by te woon. Ons neem ons terugvoering oor die blog in ag en sal volgende keer algemene fotos op sit oor waar ons kos koop, watse winkels hier is, die kos ens...ens... belowe!

Monday, August 6, 2007

Die Marlborough Sounds

Goeie Môre
Die naweek wat verby is het die droewige trant van die week gevolg en Saterdag was die mislikste dag ooit - dit was net reën en reën en reën... Maar Sondag begin toe met sonskyn, geen wind en net blou lug waar jy kyk. Omtrent 08:45 kry ons 'n oproep van Riaan Martins (vroeer in 'n blog verwys as Martin - oops!), 'dis so mooi dag, wat van 'n boot trippie deur die Sounds?'
Ons begin die storie met 'n kaart van die Marlborough Sounds. Die Sounds lyk kompleet asof 'n klomp eilande saamgestring is om mere in die see te vorm, maar 'n beskrywing van wat die Sounds is, volg onder die kaart.
Die rooi pyle is ons reis van plek tot plek, waar die oranje pyle ons pad terug hawe toe aandui...
Die ferries tussen die Noord- en Suid eilande vaar daagliks deur die Sounds en meer by Picton (by Wellington in die Noord eiland). Hulle vaar deur die Tory Channel; 'n baie gevaarlike en nou kanaal en elke skipper moet sy storie ken, veral in onweer!
Die Marlborough Sounds bestaan uit 3 water liggame: The Queen Charlotte Sound, Kenepuru Sound, en Pelorus Sound. 'n Sound is 'n sea-drowned valley (created by a combination of land subsidence and rising sea levels) -Wikipedia
Die is die boot en ons toerleier & skipper, Riaan (54), nooit in my lewe het ek so vir iemand gelag as vir hom nie - 'n geniune grapgat!
Die boot is 20 voet lank en die motor is 'n V6, so spoed was daar baie van waneer die see dit toegelaat het. Ongelukkig het die wind laat oggend begin waai en vreeslike golwe op die gewone stil waters laat ontstaan. Die dag was ongelooflik!! Die opwinding, MOOI en prag kan mens nie in woorde beskryf nie...
Hulle sê "A picture says a thousand words", laat ons kyk of julle verstaan :)
Ons roete begin by Waikawa Bay (Noord Oos van Picton), vanwaar Riaan ons gaan wys hoe Picton van die see se kant af lyk....

Vandaar na ons eerste stop - 'n gewilde (Suid-Afrikaner) piekniek plekkie, met die naam van Kumutoto Bay.
Soos ons die plekkie weer wil verlaat, raai wat swem daar in die water.... DOLFYNE!! 'n Hele klomp van hulle al om die boot en onder deur en hulle baljaar te lekker.
Hier is ons by ons tweede stop - ook 'n gewilde kampeer plek; Ruakaka Bay

Maar om hiér te kan kampeer, moet jy betaal. So dan Nieu Seeland se gewilde "honesty boxes".
Hierdie bord se jy moet 'n koevertjie vat, jou besonderhede invul op die 'receipt' kaart en die koevert, eersgenoemde moet jy aan jou tent vasmaak as jy vir jou leë staanplek gaan uitsoek het, en die koevert moet jy saam met jou fooie in die boks gooi waneer jy klaar gekamp het.

Ons derde stop was by die Gem Resort by The Bay of Many Coves. Hier het ons koffie en koek geniet en die prag net sit en aanstaar.

Ons tweede laaste stop was by Punga Cove - vreeslik gewild onder die vissers, en wie se drank voorraad, petrol, aas of kos hier in die Sounds opraak, roep Punga Cove op die radio en hulle bring vir jou wat dit ookal is wat jy nie meer van het nie....

Punga Cove is ook 'n baie gewilde stop oor die lekker kroeg en restaurant waar jy bo-op die koppie sit en die sounds van 'n ander oogpunt kan aanskou.

Ons laaste stop was by Furneaux Lodge in die Endeavour Inlet, maar ongelukkig het ons knoppie-mal gegaan met die kamera en was ons kaart hier reeds vol, maar die mooiste was reeds gesien en ge-kiekie! Die pad terug was vreesaanjaend oor die hoë golwe (van meer as 'n meter hoog), nat en koel. Ons het 10:30 met ons sightseeing toer begin en was eers na 17:00 weer terug.
Die naweek wat kom sou ons saam met die werk gaan ski het, maar weens die krieket (Tony is voorsitter van die Marlberough Cricket Association, en hul het nou 'n jaarlikse vergadering Sondag), is die trippie uitgestel tot die einde van Augustus toe.
Ons hoop dit gaan nog voorspoedig met almal en hoop werklik ons kry so bietjie meer terugvoer!!!
Baie Groete
Ben & Karen