Saturday, May 3, 2008

Uitstappies

Groot bome... Aangesien ons so woes tekere gegaan het in veral ons voortuin, het ons 'n tekort aan bome gehad. In die agterplaas was 'n 'Silk Tree' wat die hooikoors behoorlik op hol laat loop het... So het ons gehoor van 'n plek in Nelson wat groot bome verkoop. Die bome wat Big Trees verkoop wissel van 'n paar jaar oud tot baie oud. Hulle grond beslaan 8 hektaar. Hulle het tot n ysterhout uit SA wat hulle verkoop.

Na twee besoeke het ons finaal besluit op 'n Chinese Elm (bladwisselend) om die Silk te vervang in die agterplaas, en 'n Titoki (immergroen) in die voortuin. Lg is 'n inheemse boom en is bekend daarvoor dat hy inheemse voelsoorte, soos die Tui, lok.

Oppad na Big Trees, het ons hierdie bloekom gesien wat glo 'n jaar of twee terug deur weerlig getref is en afgesaag moes word. Die SUV is rerig langs die boom!!

Blenheim na Picton via Port Underwood

13 April

Tumbledown Bay Road is 'n 2-uur ompad na Picton toe (die hoofpad - wat Karen daagliks ry - is 'n 25 minute rit) Dis eintlik meer 'n pas as 'n pad waarvan die meerderheid grondpad is.

Ons begin ons avontuur by die Millenium rots. Dit was opgerig in Desember 1999 vir die millenium. Geen rerige simboliek of iets nie. Die rots het gate wat mens deur kan kyk.

Whites Bay
Sowat 20 minute se ry verder - net voor die teer opraak - is die gewilde Whites bay. Ons het meer verwag soos die 'locals' aangaan oor die plek.

Maar mooi bly mooi.

Nog so half uur verder, grond pad op en af, om nou draaie.... is Robin Hood Bay.
Port Underwood
Latitude 41°17'59.00"S
Longitude 174° 6'32.50"E

Na nog sowat 'n uur kom ons uit by Port Underwood - die uitsig van hier af oor die stuk van die 'Sounds' was waarlik ongelooflik...

Titirangi Bay 19 - 21 April Latitude 41° 1'9.20"S Longitude 174° 8'31.00"E Titirangi Bay is heel aan die eindpunt van die Kenepuru Sounds. Sowat 2 en 'n hafl uur se ry van Blenheim af (120km padlangs) Ons het die naweek gaan 'kamp' saam met Marisa, Trish die kinders en nog 'n paar ander mense. Daar is 'n privaat strand wat net vir die kamp area en huis is. Ons het elke dag gaan visvang maar ongelukkig niks gevang nie, maar wel 'n reuse pylstert vis gesien en reuse krappe.