Tuesday, September 9, 2008

Inhaal Verhale: Deel 1

Julle sal nie glo nie, maar ons het in Februarie so ver gegaan om die lyntjie te tik: "En nou is dit al Amper Maart en tyd vir ons volgende besoeker (Karen se Ma) en ons het nog nie eers Desember klaar nie". En dis waar dit gebly het met die ernstige konstruksie aan die huis onderweg. Nou is dit amper Desember, en hier kom ons NOU eers daarby uit!!
Desember saam met die Senior Solomon Toergroep
Kersfees eet ons 'n perlemoen-pot vir die wat dit wou waag, die kok is ons SA vriend, John. Vir die banges, was daar darem normale Kersfees kos ook!
Oukersdag, gaan kyk ons dolfyne in die Sounds, op 'n trip na Motuara eiland. By die eiland aangekom, lê daar 'n 10 minute "stappie" voor berg uit. Die wat die uitdaging aangedurf het (of behoorlike skoene aangehad het en nie 'n skelm dampie wou slaan nie - rook was glo verbode), was natuurlik glad nie teleurgesteld nie! Ongelukkig was daar ander mense op die boot en elke slag as 'n dolfyn netjies binne die lyntjies van die lens was, het iemand dit behaal om sy kop voor in te druk, so ongelukkig geen fotos hiervan nie. Nooit gedink Nieu Seeland is so groot nie, en ons 2 dae vakansie in die 'Golden Bay' draai uit op vreeslike lang ente pad ry. Deur Nelson met die heen en weer, maak ons vanselfsprekend tyd vir 'n pitstop.

Kaiteriteri is die Hermanus van die Suid Eiland. Van wat ons al gehoor het van die 'juweel', het ons dit gelukkig op 'n stillerige dag getref. Hierna oor 'n 791m hoë 'heuwel' (Takaka Hill) met 365 kort en nou draaitjies, kom ons uiteindelik in Collingwood aan. Die mikpunt is Wharariki strand (uitgespreuk Farariekie). Hier parkeer ons en begin stap, en stap, en stap 'n half-uur se stap oor berge en deur dale, sand duine en deur woude (En die keer stap ons almal) en glad niks spyt nie!! Met die jaar so te sê om, en so ook ongelukkig die vakansie, verken ons Blenheim - die Boeremark wat elke Sondag oggend gedurende die somersmaande oop is, en een van Blenheim se spog wynlande, Wither Hills. Die nuwe jaar was ingelyf deur 'n vuurwerk-vertoning in die dorp, en sommer die 1ste Januarie is werk aan die huis-herskepping begin deur bome te verwyder. Van hierdie verhaal het ons reeds (meer dikwels ook) nuus gepubliseer op http://bkbarratt.blogspot.com/ Tata B&K