Uiteindelik !!!!
Uiteindelik kry ons die nuus wat ons weke voor gewag het.......
Alle kontrakte is deur en ons deposito is betaal.... ONS BESIT N HUIS!!! En dit nogal in Nieu Seeland!!!!

Aflewering: 20 Julie (Vrydag)
Ons is vandag al vroeg op en maak klaar om 9 uur by die huis te wees. Ons gaan sommer net om ‘n finale inspeksie te doen. (En om te kyk hoe lank ons gaan skoonmaak). Ons is aangenaam verras om te sien dat die vorige eienares BAIE mooi skoongemaak het, tot die vensters is gewas plus daar is nuwe gordyne ook. Waar in die wereld sal iemand dit doen???
Ons kry een sleutel by John Diamanti, die huis agent, en hy sê ons kan die ander sleutel eers kry sodra die prokereur laat weet het dat die gelde oorgeplaas is. Maar hy sien nie ‘n probleem dat ons solank ‘n sleutel kan hê nie. Buitendien kom ons wa-vrag goed 11 uur...
1... Hier kom en gaan die trokkie met net 2 ouens wat ingedra het!!

2... Die gaste kamer (onder) loop seker die ergste deur!! Alle bokse wat nie nou uitgepak kan word nie, word nou daar gestoor. Dis nou net tot Ben ons planne na die stadsraad geneem het en ons permitte gekry het om te kan aanbou (die stadsraad sal na verwagting so twee maande op die planne sit voordat hulle dit – hopelik – goedkeur en ‘n permit uitreik.
3…Ons kamer (onder)– Die bed het ons Saterdag gou-gou opgeslaan want die nuwe matras word so teen 12-uur afgelewer.
En dan Saterdag aand – ‘n bed om op te kan slaap na al die harde werk!!!
4..Die oorlog sones is geklasifiseer as die kombuis en leef area. Beide het gevoel asof die bokse nooit ophou nie!!
Die kombuis…

en... DIE leef area…



Die waskamer – dit was darem maklik om te doen…
En genadiglik werk al die masjiene op Nieu Seeland se krag!! En die konneksies vir die wasmasjien pas perfek!
En dan was daar natuurlik ook die motorhuis…
voor die tyd met net n paar items (die fiets, kruiwa, wasmasjien en grassnyer is nie ons s’n nie, maar die vorige eienares s’n wat dit nog moet kom haal)
en na die tyd met hope bokse, papier, plastiek en nog wat.
Intussen het ons die kombuis ingerig, al die bokse met klere deurgewerk, wasgoed gewas ens ens.. die enigste bokse is nou stoor bokse vir tyd en wyl in die gaste kamer en die NETJIES gepakte lee bokse is in die motorhuis… maar dis nou genoeg van die huis.
Die Tuin:
Soos julle kan sien van die fotos het ons ‘n redelike groot agterplaas (ten minste in Nieu Seeland terme). Ons gaan in een deeltjie ‘n klein groente-tuin bou (BOU, want dit moet bo die grond sit want niks met klein wortels sal in daai klei grond kan groei nie!). Hier is ‘n paar vrugte bome ook, maar ons is onseker oor watter soort dit is… miskien is dit nie eens vrugte bome nie. Sal maar moet wag en sien wat in die somer gebeur…
Ons het vir ons ‘n Goldmine nektarien boom gekry en geplant asook ‘n Appelkoos boom (die groot appelkose wat lekker soet is en konfyt kan maak.) en laastens ‘n DIK skil suurlemoen boom want daar is twee suurlemoen bossies wat gewone suurlemoene dra en mens kan lekker nagereg maak met die dik skil een. Ek was eers onseker of die kwekery ou mooi verstaan want dit lyk nie na ‘n dikskil nie. Maar die internet se dat Lemon Villa Franca wel ‘n dik skil kan hê.
Agterplaas
Die foto onder (links) is waar ons suurlemoen bossie boom net net gesien kan word in die skadu – hy is nou geskuif na links van die wit paal (onder), en gesnoei om te kyk of hy dit gaan maak.
Links is aan die kant van die huis af oppad voortuin toe

Ander Nuus-brokkies:Ons het met nog 2 SA’ers kennis gemaak; John & Leana Saunderson, vanaf die Kaap, hulle is hier met hul dogter, Delea (19), en seun, John Peter (23).
Saterdag aand (more) kom hulle almal by ons eet. Deur hulle het ons ook vir Martin ontmoet, die is al 7 jaar hier en hy praat nogal baie. Hy kom van Caledon af. Hy was nice genoeg om aan te bied om ons op n boot reis deur die Sounds te neem vir aansienlik goedkoper (betaal net die boot se brandstof) as water taxi’s. Ons sal maar moet sien wanneer dit gaan gebeur.
Ben gaan dan ook die naweek sy speelplek (motorhuis) inrig en mooi regpak.
Gister aand………
En raai wat het ons in ons tuin gevind…

Krimpvarkies (asook hase) word hier as peste gesien - ek hoop ons het sommer tonne in ons tuin. Sy neusie is baie nat en voel soos ‘n mini stofsuier teen mens se hand en sy pootjies is net te oulik.
Volgende keer op ons blog: Ski naweek saam met Ben se werk 10-12 Augustus – ons verwag ‘n skreeu snaakse episode!!!
Ons hoop dit gaan goed met almal en dat ons ook bietjie nuus van julle kant af sal kry.