Terug na die geskiedenis van 20 Oktober:
Ja ja ons weet julle is nou al moeg van al die tuin maak nuus maar julle moet waardeer dat ons hard werk en later sal toer.
Soos gewoonlik het ons in die tuin gespeel, ons het 4 stompe gehad wat MOES UIT. So dit was weer n operasie vir krag masjiene. Met twee ketting sae val ons in... Die eerste stomp was maklik om uit te haal, twee harde klappe met die pik en hy is uit! Heel vrot. Natuurlik voel ons mos nou 'geinspireer' want kyk nou hoe maklik. Ons sal dalk die ander net 'n paar keer hoef te saag en siedaar. As alles maar net so maklik was... Ons het hom gesaag, gebyl, gepik, vol brandstof gegooi en gebrand (probeer). Dit het minder as niks aan hom gedoen nie. Die byl het ook sommer gebreek. Hy het ons gewen!!
Ons het wel die bome in die voortuin (Geel Kowhai {klink soos kouf-haai} gesaag asook die palmboom wat daar was.
Op die ou end het ons maar vir Mark ingekry (hy besit n besigheid waar hy stompe en bome uithaal) en hy het sommer in n japtrap alles uit. Ek neem aan hy gebruik iets soos 'n boor en haal stompe so uit.
Onder is prentjies van die stompe en ook die nuwe rooi Maple wat ons gekry het.
Die Maple staan tussen die twee bottel borsel bome wat volgende jaar moet uit (teen daai tyd het ons weer hout nodig vir die jaar daarna se houtkaggel...)
29 Oktober
Ons het Maandag 29 Oktober laat middag na my werk toe gegaan vir die voor-seisoen partytjie. Almal se familie en diesmeer kon gaan en saam braai en oorbly. So Ben was saam en het baie kiekies geneem. Alles was deur die werk gedek en die boot het Ben die Dinsdag weer terug geneem Picton toe sodat hy kon gaan werk. Hoofpyn en al!!!
3 November
Ons gras is so ontsettend hard dat dit voel asof jy op sement loop. Self die vurke wil nie dieper as 1cm in nie. So ons het alweer n PLAN: ( Ons het nogal baie planne ek weet) die keer is dit operasie 'airator'
Ons het 'n ou leë verfblik by die asgat gekry en gate ingeboor, elke gat het 'n spyker van binne af ingekry en die drom is gevul met beton. Die airator loop egter bo-op die gras en as jy te veel druk op plaas lig dit die gras ewe netjies uit. Toe nie so 'n suksesvolle operasie nie. Maar dit lyk darem impressive.





10 November
Die tuin op 29 November
en ons eerte Kanna blom is oop
O ja en ons bou permit is goedgekeur, so volgende jaar bou ons - wel seker meer soos - sit houte aanmekaar!!!
PS: Daar is van tyd tot tyd aardbewings op veral die Suid Eiland van Nieu Seeland... soos Vrydag nag (Vrydag middag 12:00 in RSA). Die aardbewings gebeur sowat 60km onder die grond en gewoonlik sowat 150km verder Suid van ons af. Ons voel dit partykeer, maar nie altyd nie. Mens voel dit glo glad nie in 'n bewegende voertuig nie, en ook nie sommer as jy buite rondloop nie. Dit is 'n bietjie excitement vir die dag as dit gebeur.... mens weet nie hoe erg dit gaan wees nie - moet jy buitento hol, of is binne beter?
"Hulle" verwag 'n vreeslike groot Tsunamie en / of aardbewing en moedig al wat leef en beef aan om 'n "Emergency Kit" bymekaar te kry wat jou vir 3 dae aan die lewe kan hou.... "Hulle" verwag dit nou al vir sowat 10 jaar....
Vir meer inligting, besoek gerus die webwerf: www.getthru.govt.nz
Groete
Ben & Karen
5 comments:
Ek is mal oor julle gras roller - Dis fantasties! En dit lyk sommer bad-@ss ook.
Lyk of julle tuintjie nou mooi aankom, wanneer gaan julle nou bietjie uit die huis uit kom en ons die res van Nieu Seeland wys?
Ja, 100% vir vindingrykheid met die grasroller. Die 6-duim-spykers was dalk ietwat ambisieus. Aangesien hulle nou "set in stone" is, kan mens hulle seker net korter saag.
Persoonlik sou ek 'n geelhout geplant het, maar ek bewonder julle tuinmaakvermoë. Plaveisel of tuindienste sal net soveel makliker wees. Volgende jaar in die Vrystaat vrek meeste goed darem in die winter.
Hi Outjies! Soos altyd is ek geweldig beindruk (ek kry nie die deelteken i nie... sorry). Die maple is lekker beskut tot hy groot genoeg is om op sy eie die elemente aan te pak!! Ons het 43 bome vandag gekoop, dit word Donderdag afgelewer - ek wonder nog net wie die 43 kubieke meter gate gaan grawe !! Ons tuinman is jonk, en nie baie sterk nie. Baie deeglik, maar ek werk beter as hy met 'n vurk in die harde grond - o wee!!
Hi, wanneer kom julle kuier en bietjie van julle energie in ons tuin insit? Ilse
Soos dit 'n paar Voortrekkers betaam, neem julle behoorlik oor daar! Oppas net voor julle die ander mense daar begin afskrik met julle vindingrykheid, nê?
Is dit net ek of leef julle baie lekker daar in NZ? Dit wil half voorkom asof Ben 'n bietjie gewig aangesit het?
Post a Comment