Thursday, August 16, 2007
Projek: Groente Tuin & Ski
Hallo!!
Dit gaan rerig baie goed hier behalwe dat ons nie sou omgee as van julle ons so bietjie kom help met al die harde werk nie - ons sal natuurlik verversings verskaf. Ons mis julle almal natuurlik baie en wense julle almal kan kom kuier.
Ons huis planne is uiteindelik by die stadsraad ingedien, en nou wag ons om 'n permit voor ons kan begin bou. Intussen het ons maar met die tuin begin.
Met die vrugte bome wat nou geplant is het ons uiteindelik besluit waar die nuwe groente tuin moet wees. Ons het die naweek van 10 Augustus begin, deur die hele kontrepsie aanmekaar te sit en in beton fondasies te plant.
Ons het SO hard gewerk dat ons tot die hammer gebreek het (wys jul net hoe ywerig en bo standaard werk ons). Karen het 'n paar spykers ingekap maar so gegiggel as sy dit begin mis slaan dat sy die hout 'n paar maar na mekaar op dieselle plek tref en dan nog meer lag daaroor...
Verder was alles darem nie net werk nie - met ons seer lywe was ons darem Sondag saam met Leana, John, Delea en Riaan na Rainbow ski oord.
Deur die week het ons die planke bo-op die randte vasgesit en die volgende naweek gaan perdemis optel op Tony se plaas in Seddon. Die Sondag het ons die takke wat ons afgesaag het ge-'shred'. Dit als is in die nuwe 'tuin' onder 3 kubieke meter grond.
Die rede hoekom ons die groente bedding gelig het, is omdat die grond hier vreeslik hard en kleierig is.
Die naweek na die groentetuin afgehandel was, het ons saam met Ben se werk gaan ski - weer Rainbow toe! Ons het feitlik die hele Saterdag lank geski waar ons met 'n 2 uur lange les begin het. Ongelukkig het ons nie self foto's hiervan nie (ons probeer om foto's van die ander mense wat saam was te kry, maar die neem 'n bietjie lank).
Dit was absoluut heerlik en makliker as wat ons gedink het dit gaan wees. Karen is 'n 'natural' op skis en het nie een keer geval vandat sy geweet het wat om te doen nie!! Ben het darem net 3 keer geval, waarvan net een keer na die les was (die ander 2 keer was toe ons 'skooter' op een ski moes ry).
Verlede naweek het ons biltong gemaak.... die resultaat is heerlik! en net betyds vir die rugby!!
Karen het 3 weke terug by haar nuwe werk by die Portage Oord begin, waar sy die troues-, konferensies- en funksie-bestuurder is. Sy geniet dit vreeslik.
Die oord is in die Sounds geleƫ en sy het dus 'n fantastiese uitsig elke dag wat sy daar is - later kan sy van die huis af werk en sal sy slegs 1 maal per week moet ingaan om vergaderings by te woon.
Ons neem ons terugvoering oor die blog in ag en sal volgende keer algemene fotos op sit oor waar ons kos koop, watse winkels hier is, die kos ens...ens... belowe!
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
1 comment:
Baie indrukwekkende groentetuin!! Ons sal bietjie tips vang, dankie. Die ski-trip klink heerlik. Ons sal maar Pick&Pay en Spur toe gaan vir uitstappies...
Post a Comment