Saturday, June 16, 2007

Tony & Angela se plaas

Hallo (16/6/2007)

Ons was gou verlede Sondag saam met Angela (Tony se vrou) uit plaas toe in Seddon om die plaas diere kos te gee. Angela en baba Jimmy het n paar dae by ons in die dorp gebly omdat Jimmy kroep gehad het en sy naby die hospitaal wou wees.

Die is Tony & Angela se 90 ha plaas en uitsig wat hulle gekoop het om later n huis op te kan bou. Tot dusver is daar net 3 koeie en n spul skape... wat natuurlik nie geslag kan word nie want elkeen het klaar n naam... en shame... Ek is ook maar bly ons bly nie daar nie want al is die uitsig mooi is dit baie kouer as sommer net koud en winderig.

Tony-hulle bly tans in n huur huis oorkant die pad waar hulle 4 perde aanhou, hoenders (elkeen met n naam) n kat en 2 honde. Een van die honde het 'n ruk terug van die bakkie afgeval, en so sy een been verloor...

Hier help Ben vir Angela om die voer los te maak en rond te strooi sodat al wat skaap en koei is kan kry.

Dit was 'n BAIE koue dag, maar gelukkig het die wind nie gewaai nie...

3 comments:

Anonymous said...

Hi van Liesl en Andrew-

Johan het Eloise vir perdryles gevat!

Ons het geshop by Trafford centre vandag!!

Dankie vd fotos

Ons het nice weer tans
take care and be good!

Unknown said...

Ek sal no maar ook with-it moet raak en sommer op die blog my kommentaar lewer - ek sien dit is hoe dit gedoen word! Dankie dat julle so knap is met die opdatering van jul doen en late!
Thomas het aansoek gedoen vir werk in jul buurland. Ek sal sommer saam met Boetie se geboortesertifikaataansoek (in Afrikaans, as dit een begrip is, is dit een woord!!!) ons al 5 se unabridged geboortesertifikste kry...... Sal dan maar sien wat gebeur. Liefde, TMTEA

Unknown said...

Ben lyk heel handig daar tussen die skape. Ek moet nogal se dit lyk my die koei maak ogies vir Ben, Karen . . . . .jy het kompetisie ! ! Moenie worry oor die koue nie, ons pie-pie ook maar ys-blokkies hier in die Kaap, maar lekker. Trek maar warm aan en laat die nuus aanhou kom.