Saturday, June 9, 2007

Skaap Tjops (nie vir sensitiewe kykers)

Soos julle dalk kan of nie kan onthou nie het die Fitzies n skaap (Billie). Billie was bedoel om kos te wees maar gedra homself nou al so mooi soos n hond dat hulle te geheg is aan hom om hom te slag...Billie het onlangs 4 maatjies gekry maar hy was nie baie beindruk met hulle nie en was taamlik jaloers as hulle naby mense kom. Hulle was daar om geslag te word, maar is eers 'n week vantevore geskeer weens wette wat dit moeilik maak om skaapvelle te verkoop - hulle kon darem iets vir die wol kry. Al die skape, insluitende Billie, was in n klein kampie toe gemaak, hulle probeer om nooit net 1 skaap in die kamp oor te los nie omdat hulle heeltemal bos raak. Billie moes egter kort nadat hy in die kamp geplaas is uitgelaat word omdat hy heel mal gegaan het. Hy het seker onthou wat laas gebeur het met die wat daar toegemaak was.... Vroeg oggend het Brian n diep gat in die groente tuin gemaak (Ben het gehelp) om die 4 skape se velle, koppe en ingewande te kan begrawe. Yogi - Brian se vriend het die skape kom keel afsny en die velle afgetrek en ingewande uitgehaal. Dit was nogal n bloederige storie as die skape so skop met a afnek met bloed wat so n straal by sy slagaar uitspuit. Die hele afere het nogal vinnig gegaan en die 4 karkasse het binne 2 ure se speel in die koelkamer gehang gereed vir die slagter om hulle op te sny. Die sagste skaapboudjie wat ons in 'n lang tyd gehad het.... Die honde het die hele slagting so geniet want hulle het al die bloed later opgelek toe Brian besig was om alles op te ruim. Ek en Ben het die velle, koppe en ingewande gaan begrawe. - dit het nogal erg gestink. Ons dink van die maag sappe of gal of iets het gebars met die intiep.

2 comments:

Albie said...

Wonderlik. So slag julle sommer so in die agterplaas? Hopelik nie in die stad area nie...

Unknown said...

Ja en nou weet julle hoekom die plaaskind van Namakwaland nie vleis nie eet nie. . . . . .want al my troetel diere het op die tafel ge-eindig vir Sondag lunch (Bessie die koei en Snoekie die skaap) Volgens my pa was hulle heel vet gevoer.