Julle sal nie glo nie, maar ons het in Februarie so ver gegaan om die lyntjie te tik: "En nou is dit al Amper Maart en tyd vir ons volgende besoeker (Karen se Ma) en ons het nog nie eers Desember klaar nie". En dis waar dit gebly het met die ernstige konstruksie aan die huis onderweg.
Nou is dit amper Desember, en hier kom ons NOU eers daarby uit!!
Desember saam met die Senior Solomon Toergroep
Kersfees eet ons 'n perlemoen-pot vir die wat dit wou waag, die kok is ons SA vriend, John. Vir die banges, was daar darem normale Kersfees kos ook!

Oukersdag, gaan kyk ons dolfyne in die Sounds, op 'n trip na Motuara eiland. By die eiland aangekom, lê daar 'n 10 minute "stappie" voor berg uit. Die wat die uitdaging aangedurf het (of behoorlike skoene aangehad het en nie 'n skelm dampie wou slaan nie - rook was glo verbode), was natuurlik glad nie teleurgesteld nie!
Ongelukkig was daar ander mense op die boot en elke slag as 'n dolfyn netjies binne die lyntjies van die lens was, het iemand dit behaal om sy kop voor in te druk, so ongelukkig geen fotos hiervan nie.
Die nuwe jaar was ingelyf deur 'n vuurwerk-vertoning in die dorp, en sommer die 1ste Januarie is werk aan die huis-herskepping begin deur bome te verwyder. Van hierdie verhaal het ons reeds (meer dikwels ook) nuus gepubliseer op http://bkbarratt.blogspot.com/
Tata
B&K